Monday, February 25, 2008

ATLETIEK WESTBOURNOVAL PORT-ELIZABETH

Die volgende dogters het goed presteer in Port-Elizabeth.
Anné Oosthuizen ( links ) het derde gekom in die hoogspring vir dogters onder 13.
Lizelle Nel ( middel ) kom derde in 1200m vir dogters onder 11.
Amé Dörfling ( regs ) kom derde in die verspring vir dogters onder 11.

Wednesday, February 13, 2008

LAER VOLKSKOOL SWEMGALA 2008

Erwin Ittershagen-Straus was die gesamentlike wenner met E de Beer van die Victor Ludorum

Tuesday, February 12, 2008

SENIOR ENTREPRENEURSDAG 11-02-08

Kyk hoe mooi lyk ons agter die tafel.
Druk besig om spookasem te maak.

Tiaan en CM geniet hulself by Heini en Francois se stalletjie.





Tanya en Karisma reg om groot geld te maak.



Saturday, February 9, 2008

SWEMGALA 2008

Die graad 7 dogters ontspan by die gala.

Elsona de Klerk was ook by die gala.















Heini maak gereed om aan die rugslag deel te neem.



Erwin spring met 'n vaart weg.





AJ Bezuidenhout en Shaun Delport geniet die gala.



Juffrou Stannard en Juffrou Selzer wens dis elke dag gala.





Juffrou Kemp wys hoe 'n mens duik.



E. de Beer staan by tannie Carolinie Els, hy verower die
troffee vir die beste swemer van die dag. Veels geluk.



M. Blom glimlag van oor tot oor. Sy was die beste swemster
van die dag. Veels geluk.

Koelte teen die son























Thursday, February 7, 2008

Prefektekamp 2008 ( 2 )


HOOFMEISIE EN HOOFSEUN VAN LAER VOLKSKOOL 2008

Lucha Ferreira en Heini Brümm





Ons Hoofleiers vir 2008: Francois Botha ( Onderhoofseun ) Monya Voster ( Onderhoofmeisie ) Lucha Ferreira ( Hoofmeisie ) Heini Brümm ( Hoofseun )



Al die prefekte bymekaar:




v.l.n.r: agter: Lötter, Anro, Albert, Malan, Heini, Francois




voor : Andrey, Annemie, Monya, Lucha, Euginie, Karisma




Die prefekte by Stormsrivierbrug.












PREFEKTEKAMP 2008



Anro, Malan, Annemie, Karizma, Andrey en Francois, speel op die rotse langs die mooi kus van Seaview, naby Port Elizabeth.

GRAAD 1 PIEKNIEK 2008







Omsendbrief 2 van 2008

LEES ASSEBLIEF U OMSEND-BRIEWE DEUR. ALLE NODIGE INLIGTING VERSKYN ALTYD DAARIN!!!!

Ouers, u moet asseblief u kant bring wat hierdie aangeleentheid betref. Alle oudste leerlinge in die skool ontvang altyd omsendbriewe en as u dit nie gaan lees nie, het dit absoluut geen nut om met u te probeer kommunikeer nie.

As u die omsendbriefkoevert geteken het, beteken dit dat u die omsendbrief gelees het. Nog steeds kry ons egter oproepe oor aangeleenthede wat baie duidelik in die omsendbrief aangeteken is.

SKOOLWERK

Ouers, maak asseblief ‘n punt daarvan om ten minste een keer per week deur u kind se skoolwerk te gaan, sodat u presies weet wat daarin aangaan.


HELP ONS ASSEBLIEF!

As daar ouers of ander persone is wat ons behulpsaam kan wees met tweedehandse skoolklere en/of sporttoerusting wat nog in 'n goeie toestand is en u nie gebruik nie, sal ons baie bly wees.

Die artikels kan baie sinvol deur die skool en die skole se Klerewinkel gebruik word. As u ons van hulp kan wees, kan u die items sommer by die kantoor afgee.

ONDERSTEUNERSKLUB

Ouers, onthou asseblief dat u almal lid is van die Ouervereniging.

Ondersteun asseblief die pogings wat hulle aanpak deur die loop van die jaar.

LAER VOLKSKOOL: GEMEENSKAPSPROJEK

Laer Volkskool het in 2007 ‘n baie suksesvolle ‘ Oupa en Ouma Dag ‘ aangebied.

Die “Oupa en Ouma Dag” vind plaas op Vrydag 22 Februarie 2008. Leerlinge wat belangstel om ‘n oupa en/of ouma spesiaal te laat voel, kan ‘n kaartjie teen R25,00 p/p by die kantoor koop, teen R10,00 per leerling.

Die oggend se verrigtinge sluit ‘n paar items in en tee plus verversings.

Kaartjies sal vanaf Maandag 11 Februarie, beskikbaar wees by die kantoor.

KINDERKRANS

GROOT ASSEBLIEF! Ons Kinderkrans bars uit sy nate en ons benodig nog hulp. Die lesse en handwerktake is klaar uitgewerk. Ons benodig net hulp met die uitdeel van liefde en natuurlik met spoeg en plak.

Kontak ASSEBLIEF vir Andrea by die volgende nommers, as jy sou belangstel: 0825628876 of 049 8910185.

SPORT
ATLETIEK


Tydens die verskillende byeenkomste moet die atlete wat LVS verteenwoordig, die amptelike wit Volkskool Gholfhempie met maroen kraag gebruik. Die swart T-hemp is vir wanneer ons klaar deelgeneem het.
Deelnemers:
Kleredrag: Dogters:
Wit Volkskool Gholfhemp
Maroen broek

Seuns:
Wit Volkskool Gholfhemp
Swart L.O. broek

Ander leerlinge:
Swart Volkskool T-hemp
Swart L.O. broek (seuns) Maroen broek (dogters) of skooldrag

Skoolsweetpak as dit koud is.

Baie dankie aan al die beamptes/ouers wat gehelp het by die Atletiekbyeenkomste van LVS.

Dit was goed om so baie ouers te sien wat die atletiek kom ondersteun het.

Maandag 3 Maart 2008 om 17:30 hou ons ‘n aandatletiek byeenkoms by LVS, waaraan 4 skole deelneem. Kom ondersteun die atlete en geniet 1 ½ uur se heerlike atletiek. Die Ouervereniging sal ook verversings te koop aanbied tydens dié geleentheid.

SWEM

Die leerlinge wat van nou af aan die verskillende galas gaan deelneem moet die volgende daar hê:

Dogters:
Swembroek (swart eenstuk)
Swemkappie (opsioneel)
Handdoek

Seuns: Swart speedo
Swemkappie (opsioneel)
Handdoek.



TENNIS

Baie geluk aan die volgende leerlinge van LVS wat gekies is vir die OP Platteland Tennisspan:

O/10 A. Botha
J,C. Conradie
M. Badenhorst
O/12 E. van Vuuren
O/14 F. Botha
K. Calitz

TENNISBANE

Die beheerliggaam van Laer Volkskool het besluit dat drie tennisbane herstel sal word gedurende 2008.

SKOENE

Die Beheerliggaam van Laer Volkskool het besluit dat alle leerlinge vanaf graad 1 tot 7, kaalvoet skool toe kan kom vanaf Maandag 11 Februarie 2008.

NUWE SPORTDRAG VIR DOGTERS

Nuwe sportdrag vir dogters word vanaf 2009 infaseer, vir die volgende sportsoorte: hokkie, netbal en tennis. Die bostuk sal die dogters wat aan atletiek deelneem, dra. Die kleredrag sal eers vanaf 2009 vir die Laerskool dogters beskikbaar wees.

ADVERTENSIES

SKOOLALBUMS
My skooljare en My skoolloopbaan is albums wat beskikbaar is vir al u kind se skool- en sportfoto’s.

Vir verdere inligting kan u gerus vir Adéle kantak by 0836619348.